top of page
20231108_163824(0).jpg

Meer oor ons...

Baie welkom by Die Laeveld Spens,

Die idee van die Die Laeveld Spens is een laat Laeveld middag in 2023 op ons stoep gebore. Die eenvoudige idee is om uitsonderlike gehalte, vars en unieke tuisgemaakte produkte op een platform beskikbaar te maak aan die gemeenskap teen billike pryse. 

​

Die Laeveld Spens is nie jou gewone aanlyn winkel nie, ons ondersteun ons plaaslike tuisnywerhede en boerderye deur hulle produkte op ons platform beskikbaar te stel. Hoe lekker dat mens jou gemeenskap so kan leer ken! Daar is so baie talentvolle mense en boere met besonderse produkte. Alles is hier by ons beskikbaar.

​

Ons het dan ook natuurlik ons eie reeks bevrore etes, sowel as gewilde bottel-en-bêre produkte onder ons “Premuim Range”. Dit gaan jou lewe en partytjies mooier, makliker en lekkerder maak as dit kom by gaste onthaal, asook vir jou n blaaskans gee na n lang dag, wanneer kosmaak na teveel moeite begin lyk.

​

Ons beoog om weekliks van ons eie nuwe produkte bekend te stel en addisionele plaaslike produkte te lys.

 

Ek is 'n gekwalifiseerde sjef met sowat 13 jaar se ondervinding in die kos bedryf, en het plaaslik en internasionaal saam bekende name en handelsmerke gewerk as produk ontwikkelaar en sjef. Die Here het my in die Laeveld kom vestig toe ek met 'n gebore Laevelder getrou het.

​

Ons is baie opgewonde om ons plaaslike spens met julle te deel, en sien uit om vir julle n wye en besonderse reeks produkte en oplossings te bied en saam julle te ontdek.

 

Byvoorbaat dankie vir al julle liefde en ondersteuning.

 

Anna Steyn

x

bottom of page