top of page
20231108_163824(0).jpg

Hallo! Anna hier.

Welkom by Die Laeveld Spens,

Ek het nog altyd hierdie ongeneeslike passie gehad om vir mense kos te maak en te onthaal. Dit, tesame met jare se ondervinding as 'n professionele sjef en baie, baie seëninge het gelei tot hierdie pragtige konsep waar ek jou kan bederf met al my gunsteling dinge om te eet en te maak vir my vriende en familie. 

My hoop is dat dit jou sal inspireer om plaaslik te koop en te ondersteun en dat dit die innerlike "foodie" wat ek weet jy in jou het sal wakke maak ;)

Deur plaaslik te ondersteun bevorder ons plaaslike landboubesigheid, wat ons gemeenskap ophef, en wie sal nou nie al die voordele van die eet van plaaslik verboude kos wil geniet nie - ek weet ek doen.

By Die Laeveld Spens is ons missie om elke week 'n unieke versameling items by elke klient se huis af te lewer - daarom het ons 'n toegewyde span wat kwaliteit items uitsoek om in elkeen van ons pragtige bokse in te sluit.

Die beste bestanddeel is liefde en dit alles het in hierdie boks gegaan, ek hoop jy geniet dit net so baie soos ons dit geniet het om dit vir jou bymekaar te sit.

 

Ax

bottom of page